Vatikaan sê daar’s ‘n man en daar’s ‘n vrou en so sal dit bly

Die Vatikaan het ‘n streng waarskuwing uitgereik teen “geslagsteorie” en sê enige geslagbevestigende sjirurgie staan gevaar om “die unieke waardigheid” van ‘n persoon te bedreig. Die nuwe verklaring met die titel Infinite Dignity is onderteken en goedgekeur deur pous Franciskus. Dit fokus op wat dit beskryf as ‘n reeks bedreigings vir menslike waardigheid, wat insluit armoede, die doodstraf, oorlog, bystandsdood, aborsie, seksuele uitbuiting en die uitbuiting van vroue. Die verklaring sê enige poging om “die seksuele verskille tussen ‘n man en ‘n vrou” te verdoesel behoort verwerp te word.