Vatikaan doodstil oor tweede vulgêre aanmerking deur pous

Die Vatikaan weier om kommentaar te lewer oor mediaberigte dat pous Franciskus ‘n aanstootlike beskrywing van gay mans herhaal het nadat die hoofkantoor van die Rooms-Katolieke Kerk verlede maand ‘n verskoning oor die saak uitgereik het. Die Italiaanse nuusagentskap ANSA haal onbekende bronne aan wat sê die pous het die woord in ‘n vergadering gebruik waar hy voorgestel het gay mans behoort in die kerk verwelkom te word, maar nie in gemeentes nie. Die kerk se amptelike mondstuk, Vatican News, het nie die bespreking van homoseksualiteit genoem in sy verslag oor die vergadering nie.