Vat so jou potjierol!

Grazer is ‘n beer wat aangewys is as die wenner van die 2023 vetbeer-kompetisie. Haar vetrolletjies is geensins ‘n rede tot kommer nie – sy moet die kilogramme aansit om die winter in Alaska te oorleef.

Grazer, het die Fat Bear Week-kompetisie in Alaska se Katmai Nasionale Park, gewen deur vir Chunk lag-lag met 108 321 stemme teenoor 23 134 in die eindronde te verslaan.

Vat so jou potjierol!

Foto: Philadelphia Inquirer