Varswatervis in Amerikaanse riviere en mere besmet  January 17, 2023

‘n Onlangse studie toon om een varswatervis in ‘n rivier of meer in Amerika te vang en te eet is gelykstaande daaraan om ‘n maand lank water te drink wat besmet is met giftige onsigbare chemikalieë, bekend as PFAS. Dit word gebruik in items soos kleefvrye panne, tekstiele, brandblus-skuim en voedselverpakking. ʼn Senior wetenskaplike by die nie-winsgewende Omgewingswerkgroep, David Andrews, sê die bevindings is kommerwekkend weens die uitwerking daarvan op benadeelde gemeenskappe wat vis as ‘n bron-proteïen gebruik.