Varsities kry grootste deel van begroting

Die minister van hoër onderwys, Itah Kandji-Murangi, het in haar begrotingsrede in die Nasionale Vergadering gesê die hoër onderwys-instellings het meer as ‘n biljoen Namibiese dollar gekry, wat na die Studentehulpfonds Nsfaf, die Universiteit van Namibië en die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie gaan. Die begrotingsrede deur die verskillende ministeries vind tans plaas. Parlementslede kry ook kans om die begrotingsredes te argumenteer. Murangi het die begroting soos volg uiteengesit.