Varkvleis-pryse plaaslik stabiel, SA boere sukkel

Die plafonprys van varkvleis het plaaslik sedert Februarie stabiel gebly, volgens die Namibië Landbou-unie se maandelikse veepryse. Boere in Suid-Afrika ervaar egter iets heeltemal anders. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Gideon Goosen, die voorsitter van die Varkvleisprodusentevereniging van Namibië, wat die verskil tussen die twee lande uiteensit.