Varknier-oorplantingspasiënt verlaat hospitaal

Die eerste man wat ‘n geneties gemodifiseerde nier van ‘n vark ontvang het, is uit die hospitaal ontslaan. Die 62-jarige is gister, twee weke na die baanbreker operasie by die Massachusetts General Hospital, huis toe gestuur. Orgaanoorplantings van geneties gemodifiseerde varke het in die verlede misluk. Die sukses van hierdie prosedure tot dusver is egter deur wetenskaplikes bestempel as ‘n geskiedkundige mylpaal op die gebied van oorplanting. Die pasiënt, Richard Slayman, van Weymouth, het gesukkel met ernstige niersiekte. Ná die oorplanting benodig hy nie meer dialise nie.