Vaping verhoog aansienlik die risiko om hartversaking te ontwikkel – dit volgens nuwe navorsing

Volgens ‘n vier-jaar lange studie is diegene wat e-sigarette gebruik,  byna ‘n vyfde meer geneig om die dodelike toestand te ontwikkel.

Kenners sê dit is veral kommerwekkend gegewe die groot getalle jongmense wat die gewoonte aanneem en waarsku dat dit “die moeite werd is om die gevolge vir jou gesondheid te oorweeg”.

Foto: Verskaf