Vanjaar se Werkersdag gaan oor lone – Tucna

Werkersdag word Sondag herdenk te midde van groot uitdagings vir huishoudings en verbruikers hier en elders. Die plaaslike herdenking sal volgens die sekretaris-generaal van die vakverbond Tucna, Mahongora Kavihuha, klem lê op die mobilisering van sy lede om druk op werkgewers te plaas oor lone.