Vandalisme van houtpaal los Outjo-inwoners sonder water
Inwoners van Outjo ervaar ‘n wateronderbreking weens vandalisme van ‘n elektrisiteitspaal wat afgekap is, en wat kragtoevoer na die dorp se twee waterpompe beïnvloed. Die Outjo-munisipaliteit verskaf water direk vanaf sy ondergrondse waterreservoirs aan sy inwoners. Die plaaslike owerheid vra inwoners om water te bespaar totdat die saak opgelos is en sê pogings is aan die gang is om die skade te herstel en die elektrisiteitstoevoer na die pompe te herstel.