Vandalisme skakel Okhandja se ligte af

NamPower sê die kragonderbreking van amper 36 uur op Okahandja die week, was deur vandalisme veroorsaak. Volgens NamPower-woordvoerder, Tangeni Kambangula, het ondersoeke deur tegniese personeel bevind dat die onderbreking die gevolg is van skade aan ‘n transformatorkomponent by die Okahandja-substasie, wat plaasgevind het as gevolg van gevandaliseerde toevoer-komponent by die Cenored Okahandja-stasie. Vandale het ‘n kabel op een van die toevoerders van die stasie geknip, wat veroorsaak het dat die transformator by Okahandja substasie afgeskakel het, wat skade aan die transformator veroorsaak het. Die krag op die dorp is vanoggend tot een-uur af vir verstellings.