Vandale sal vervolg word

Vandalisme vier hoogty by die land se toeriste aantreklikhede, ook omdat talle afgeleë is. Die kwessie, sowel as die verbreking van reëls in nasionale parke met hommeltuie en meer, het weer na vore getree met ‘n plasing wat weer op sosiale media begin sirkuleer het. Die uitvoerende direkteur van die omgewingsministerie Teofilus Nghitila sê daar is reëls en wetgewing en sou besoekers gevang word, sal hulle aangekla word.