Vandag is Wêreldrenosterdag

Dit is Wêreldrenosterdag. Sedert 2011 word die dag op 22 September internasionaal gevier. Die Internasionale Renosterstigting bring dan hulde aan die diere en almal wat vir hulle omgee. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die landsdirekteur van die Konrad Adenauer-stigting, Natalie Russman, wat die belangrikheid van die bewaring van renosters vir toekomstige geslagte beklemtoon.