Van Zyl moet wag tot Januarie vir Imalwa se besluit

Die saak van die 50-jarige Gerhardus van Zyl, wat einde Augustus met 188 wildsvelle betrap is, het nie Dinsdag in die Katutura-landdroshof voorgekom nie. Die klerk van die hof het by navraag bevestig dat hy wel op 8 Oktober verskyn het en onskuldig gepleit het. Die dossier is tans by die aanklaer-generaal wat ‘n besluit moet maak oor sy vervolging. Die staat het Van Zyl van die onwettige jag van jagbare wild aangekla. Hy is vry op borg van 10 000 Namibiese dollar en die saak is uitgestel tot 15 Januarie volgende jaar.