Van Wyk-weduwee pas eis teen Boulter aan, soek nou N$110,4m
Alta van Wyk, die weduwee van Gerhard van Wyk wat in Februarie 2021 dood is na ‘n skietvoorval waarvoor die Britse miljardêr Harvey Boulter vir moord aangekla word, het haar eis van 84 miljoen Namibiese dollar vir skadevergoeding van Boulter, aangepas. Sy eis nou amper 100,4 miljoen dollar. Die aanpassing is gemaak omdat Boulter se regspan eksepsies teen die gekompliseerde eis gebring het en dit vaag en dubbelsinning genoem. Die saak kom weer vandag voor regter Orben Sibeya voor na bemiddeling misluk het. Van Wyk se regspan het ‘n saakbestuursplan ingedien wat na verwagting vandag aanvaar sal word. Boulter poog intussen om sy moordklag en vervolging ter syde te laat stel.