Vals kwalifikasies-verslag in NV ter tafel gelê
Die Mosie oor Vals Kwalifikasies in die Openbare Sektor is in 2021 in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê en is verwys na die Parlementêre Staande Komitee oor Menslike Hulpbronne en Gemeenskapsontwikkeling vir verdere ondersoek. Die verslag is voor die Nasionale Vergadering gebring om ter tafel gelê te word. Nono Katjingisua, die voorsitter van die komitee, het die hoofbevindings gegee. Verder het die verslag ook bevind dat daar ‘n toenemende neiging is dat kwalifikasies gekoop word.
PDM-hoofsweep Elma Dienda, een van die komiteelede, sê die verslag het ook bevind dat semi-staatsinstellings uitvoerende hoofde het sonder geldige kwalifikasies. Sy het meer befondsing versoek om dieper in die kwessie te delf.