Valke vorder goed met hoëprofiel-sake
Die hoof van die Valke Godfrey Lebeya sê die wetstoepassingsagentskap maak aansienlike vordering met die inhegtenisneming van indiwidue wat betrokke is by hoëprofiel-sake, en verseker daarmee aanspreeklikheid en geregtigheid vir slagoffers. Lebeya het die media ingelig oor die vordering in hoëprofiel sake en suksesse wat behaal is. Hy sê die arrestasies teiken mense betrokke by ernstige korrupsie, georganiseerde misdaad en handelsmisdade, waaronder bedrog en diefstal. Hy sê altesaam 818 verdagtes, 800 gewone mense en 18 juridiese persone, het in verskeie howe verskyn: