Valke voer operasie uit by fasiliteit vir vuurwapenopleiding in Modimolle
Die Valke in Limpopo het onverwags by ‘n verdagte militêre vuurwapenopleidingsfasiliteit in Modimolle opgedaag. Die woordvoerder van die Valke, Lethunya Mmuroa, sê hulle het ‘n wenk ontvang oor die verdagte opleidingskamp op ‘n plaas in die gebied. ‘n Geheime operasie is uitgevoer. Volgens hom het die span gedurende die operasie beslag gelê op sewe gelisensieerde pistole, agt gewere en ammunisie wat waarskynlik tydens opleiding gebruik is: