Valke slaan net vanjaar toe op 10 dwelmlaboratoriums
Die Valke sê hulle het sedert die begin van die jaar op 10 geheime dwelmlaboratoriums afgekom en 34 mense in hegtenis geneem. ‘n Valke-woordvoerder, Katlego Mogale, sê vier mense, onder wie ‘n plaaseienaar en twee Meksikaanse burgers, is Vrydag by Groblersdal in Limpopo in hegtenis geneem. Die polisie het op ‘n laboratorium en meer as twee-miljard Suid-Afrikaanse rand se dwelms afgekom.