Valke se oog op sokkervereniging

Die Ondersoek-eenheid vir Ernstige Kommersiële Misdaad sê hy het kragtens ‘n deursoekings- en beslagleggings-lasbrief ‘n ondersoek gedoen by die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging se kantoor in Gauteng. Dit volg ná bewerings van bedrog en diefstal van 1,3-miljoen rand. Die Valke-woordvoerder, Katlego Mogale, sê  Safa-president Danny Jordaan sou na bewering tussen 2014 en 2018 die organisasie se hulpbronne vir persoonlike gewin gebruik het, insluitend die huur van private sekuriteit en ‘n skakelmaatskappy, sonder die nodige magtiging: