Valke ondersoek Mashatile se seun se eiendom-aankope

Die Valke-woordvoerder, Thandi Mbambo, het bevestig hulle stel ondersoek in na die bron van fondse wat adjunkpresident Paul Mashatile se skoonseun, Nceba Nonkwelo, verlede jaar gebruik het om ʼn huis van 28,9-miljoen-rand in Constantia, Kaapstad, te koop. Dit volg nadat verskeie opposisieleiers, insluitend John Steenhuisen, strafregtelike sake aanhangig gemaak het. Die ondersoek gaan oor bewerings teen Mashatile en sy familie se gebruik van luukse eiendomme van die staatskaping-beskuldigde en sakepersoon, Edwin Sodi, in Clifton, en ʼn huis in Fresnaye wat aan Ndavhe Mareda behoort. Laasgenoemde het tussen 2016  en 2020 kontrakte met staatsentiteite gehad.