Valke begin met korrupsie-ondersoek van Eskom

Die Valke het begin om bewerings van grootskaalse korrupsie by Eskom te ondersoek na ‘n strafsaak wat verlede maand deur die leier van Build One South Africa, Mmusi Maimane, geopen is. Bosa het ‘n vergadering met die eenheid aangevra om praktiese stappe te bepaal wat met die ondersoek kan help. Die party en ander entiteite sal ook Maandag in die hooggeregshof in Pretoria verskyn in ʼn soeke na verligting vir Suid-Afrikaners wat deur die elektrisiteits-krisis geraak word. Maimane sê die voortdurende kragonderbrekings lei tot werkverliese, ondernemings wat sluit en hoër inflasie.