Vakbondleier reageer op ‘nuwe voorkoms’ van arbeidsonrus

Dit wil voorkom asof die milieu rondom arbeidsonrus en werkers wat klagtes het, heeltemal verander het in die land. Die week is die omstrede aktivis Michael Amushelelo direk deur werkers genader vir bystand in verband met onbetaalde salarisse. Verlede week was daar chaos by die bistro in die hoofstad, ook oor klagtes deur werkers. Die prosesse, wat ingevolge die wet gevolg moet word, blyk om heeltemal onbenullig te wees en werkgewers begin kriewelrig raak. Kosmos 94.1 Nuus het met die deurwinterde vakbondleier Job Muniaro, tans die sekretaris-generaal van die Nasionale Vakbond vir Namibiese Werkers, gepraat.

Muniaro sê dat werknemers wat ongelukkig vakbonde, ingevolge die wet, moet nader, anders sal die kwessie in chaos ontaard.