Vakbonde en GRN vergader oor salarisverhogings vir staat

Vakbonde vir staatsamptenare vergader op die oomblik by die kantoor van die eerste minister oor salarisse en voordele vir die regering se werksmag. Nadat staatsamptenare in Augustus verlede jaar 3 persent verhoging toegeken is, die eerste in jare, het vakbonde vroeg vanjaar eise vir 8 persent vir bestuursvlak en 20 persent vir diegene daaronder, gevra, te midde van verhogings in voordele ook. In Maart het die Namibiese Openbare Werkers-unie en die Namibiese Nasionale Onderwysers-unie ‘n salarisverhoging van 8 persent vir 2023/2024 voor en 10 persent vir 2024/2025 voorgestel. Die staat bestee amper helfte van die begroting op sy salarisstaat en kenners meen die staatsdiens is te groot.