Vakbond verheug oor kriminele klagtes by Transnet

Satawu beloof om korrupsie en privatisering by Transnet te beveg. Die vakbond verwelkom Transnet se besluit om die uitvoerende hoof van die Transnet Nasionale Haweowerheid, Pepi Silinga, van korrupsie en nepotisme aan te kla. Die vakbond beskuldig hom van die onwettige toekenning van tenders. Satawu se woordvoerder, Amanda Tshemese, is gekant teen die privatisering van die staatsbeheerde instelling weens korrupsie. Sy wil verseker werkers se belange word vooropgestel en skoon bestuurspraktyke word gehandhaaf.