Vakbond ruk op na Clover vandag

Die Algemene Nywerheidswerkersvakbond in Suid-Afrika, Giwusa sal na verwagting vandag opruk na Clover se hoofkantoor in Roodepoort, Gauteng. ‘n Vergadering word gehou tussen die Israeli Central Bottling Company se aandeelhouers van MILCO/Clover en Clover se Suid-Afrikaanse bestuur. Die werkers staak sedert November verlede jaar by Clover en eis dat die onderneming planne vir verdere afleggings, fabrieksluitings en salarisverlagings staak. Volgens Giwusa se president, Mametlwe Sebei, moet die regering onmiddellik die samesmelting tussen die twee ondernemings kanselleer: