VAE keur noodgebruik van Pfizer-entstof vir vyf- tot 11-jariges goedNovember 1, 2021
Die Verenigde Arabiese Emirate het die noodgebruik van die Pfizer-entstof vir kinders tussen vyf en 11 jaar goedgekeur. Die ministerie van gesondheid het in ‘n verklaring bevestig die uitslag van ‘n kliniese studie toon die entstof versterk kinders se immuniteit en is veilig. Persone met chroniese siektes wat voorheen die Pfizer- of Sputnik-inenting ontvang het, kan nou ook ‘n derde versterkdosis kry. Die Sinopharm-entstof is voorheen goedgekeur vir kinders van drie tot 17 jaar.