Vaderskapverlof steeds nie ‘n werklikheid

Die kabinet het verlede jaar die insluiting van vaderskapverlof by die Arbeidswet goedgekeur en beveel dat dit in die staatsdiens aanvaar moet word, terwyl kraamverlof verleng sou word. Die kabinetsbesluit bepaal dat vaderskapverlof in die staatsdiens gegee sal word indien die ma van die baba ongeskik is weens ernstige siekte of tydens kraam sterf. Eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila het destyds gesê die regering sal ‘n mosie oorweeg wat die instelling van vaderskapverlof ondersteun. Die verlof is steeds nog nie in werking nie. Tydens ‘n regeringsinligtingsessie het die uitvoerende hoof van die Maatskaplike Sekerheidskommissie, Milka Mungunda, gesê mans kla omdat hulle tot kraamverlof bydra, maar hulle dra tot alle voordele by.