Vaartuig naby Groenland gestrand, gety te laag

‘n Luukse passasiersvaartuig wat 206 mense aan boord het, is steeds vasgeval naby Groenland nadat dit vroeër die week gestrand het. Die Deense weermag se sê Dinsdag se gety kon nie die 104 meter Ocean Explorer genoeg lig om hom te bevry nie. Die passasiers en bemanning is veilig volgens die Australiese vaartoperateur Aurora Expeditions.