Vaaldam se vlakke wek kommer

Terwyl Namibiese damvlakke uiters swak vertoon, wil dit voorkom asof Suid-AFrika ook sukkel. Daar is ‘n beduidende afname in watervlakke by die Vaaldam, wat tans op 43-persent is vergeleke met 83,1-persent verlede jaar. Die waterdepartement sê hierdie daling hou ‘n potensiële waterkrisis in, met die Geïntegreerde Vaalrivierstelsel wat ook tot 76,6-persent gedaal het. Die departement doen ‘n beroep op inwoners om water te bespaar aangesien finansiële druk op waterrade breër voorrade in die streek bedreig.