Uutoni skors Karasburg-raad

Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, Erastus Uutoni, het die raad van Karasburg met onmiddellike effek uit sy amp geskors. Die minister het ‘n reeks oortredings van die Wet op Plaaslike Owerhede en nie-nakoming van ministeriële voorskrifte deur die raad as redes vir sy besluit aangevoer. Uutoni het Elize Laubscher, voormalige hoof uitvoerende beampte van Aroab as administrateur aangestel om sake op Karasburg namens hom te administreer. Vier van die raadslede het die LPM in die raad verteenwoordig, terwyl die Swapo Party twee verteenwoordigers gehad het en die Independent Patriots for Change een verteenwoordiger.