Uutoni sê oor Windhoek se parkeringsverdienste

KeyPlot Investments, wat deur die Stad Windhoek aangestel is om dele van die hoofstad se parkering te bestuur, het in die Nasionale Vergadering ter sprake gekom. Stedelike ontwikkeling-minister Erastus Uutoni het ‘n vraag oor die maatskappy se werksaamhede beantwoord. Uutoni het inligting verskaf oor die Stad se fakture aan die maatskappy en die maatskappy se betalings.