Uutoni sê NHE-skip moenie sink

Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, Erastus Uutoni, het ‘n beroep op die stakende werknemers van die Namibiese Behuisingsonderneming, NHE, gedoen om hul werk te hervat. Die werknemers het Uutoni gevra om namens hulle in te gryp en die NHE-bestuur en -raad te vra om met hulle in gesprek te tree om die stakingskwessie op te los. Uutoni het gesê werkloosheid in Namibië is hoog en hy wil nie hê dat die NHE-skip sink nie, want dit sal bydra tot die aantal werklose mense in die land. Volgens NHE se hoof uitvoerende beampte, Gisbertus Mukulu, is salarisverhogings onmoontlik weens die uitdagings van die huidige ekonomiese klimaat.