Uutoni se ministerie haal nie behuisingsteiken nie

Die minister van stedelike ontwikkeling Erastus Uutoni sê sy ministerie het 3 103 erwe ten volle gediens en 4 791 erwe is gedeeltelik voltooi. Hy het sy 2,5 miljard Namibiese dollar se begroting uiteengesit. Die teiken wat vir sy ministerie daargestel is, is 6 500 erwe ‘n jaar. Dit kom te midde van ‘n agterstand van 300 000 huise wat die land ervaar met Windhoek wat die grootste tekort het op 84 000. In die verband sê hy 360 miljoen dollar is begroot vir die diens van erwe en voeg by die program wat in beheer is van die behuisingsbeleid sal net meer as ‘n miljard dollar vanjaar kos.