Uutoni roskam munisipaliteite oor uitkontraktering

Die stedelike ontwikkeling-minister, Erastus Uutoni, het die Stad Windhoek en ander plaaslike owerhede versoek om van hul permanente werknemers gebruik te maak eerder as om sekere munisipale funksies aan buite-instansies toe te ken. Die minister sê baie munisipaliteite het agentskappe gekontrakteer, veral vir skuldinvordering, terwyl hulle sê hulle het ‘n tekort aan mannekrag, en dit veroorsaak ontevredenheid. Hy het gepraat by die oorhandiging van 53 nuwe huise in Windhoek se Greenwell Matongo-woongebied, en gesê plaaslike owerhede moet verseker dat hul personeellede goed ontplooi is om die publiek by te staan en behoorlik te adviseer. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Dr. Marius Kudumo, ‘n kenner van korporatiewe bestuur, oor wat die probleem by plaaslike owerhede kan wees.

Dr. Kudumo voeg by wat voortaan gedoen behoort te word.