Uutoni is op pad na Gobabis na korrupsie aantygings

Twee lede van Gobabis se bestuurskomitee het eksklusief met Kosmos 94.1 gepraat oor beweerde wanbestuur. Voorsitter Isaak de Beer en raadslid Elvire Theron sê onder meer die komitee het ‘n 4 persent salarisverhoging vir personeel van die hand gewys oor skuld wat die munisipaliteit moet betaal, maar die uitvoerende beampte Sophia Eises wil dit implementeer. Hulle het ook nog nie die kontrak wat met die vakbond onderteken is gesien nie. Die lede sê hulle het ‘n brief aan landelike ontwikkeling-minister Erastus Uutoni geskryf oor die wanbestuur. Kosmos 94.1 Nuus het met Uutoni gepraat. Hy sê hy is op pad.