UTM onttrek uit Malawi se regerende Tonse-alliansie

In Malawi het die United Transformation Movement van die wyle adjunkpresident Saulos Chilima onttrek aan die regerende Tonse-alliansie van president Lazarus Chakwera. Die woordvoerder van UTM Felix Njawala sê die party fokus nou op die verkiesing in 2025, met die doel om aan Chilima se visie vir Malawi te voldoen. Njawala sê die onttrekking aan die alliansie stem ooreen met wat Chilima sou wou gehad het, en noem kwessies binne die alliansie. Chilima is verlede maand in ‘n vliegtuigongeluk dood.