Usiku sê dalk vandag oor waar Fishrot-lot bly

Uitspraak word vanoggend verwag in die aansoek deur sewe van die Fishrot-verdagtes, gelei deur James Hatuikulipi, voor regter Boas Usiku. Hulle vra dat die besluit deur die beampte in beheer van die Windhoek Korrektiewe Fasiliteit om hulle na die sogenaamde Echo-eenheid vanaf die C-afdeling te verskuif. Hulle sal dan deel vorm van die algemene bevolking van die gevangenis. Die groep het ook gevra vir ‘n interdik teen die hoof van inligting by korrektiewe dienste en sê hy is ‘n tiran en teister hulle. Hulle vra ook ‘n bevel wat die beamptes van die diens sal weerhou om hulle pogings om voor te berei vir hulle verhoor te frustreer.