US$80 000 se beloning vir opsporing van man wat 5 bure doodskiet

Meer as 200 wetstoepassers in Texas soek steeds na ‘n man wat daarvan beskuldig word dat hy vyf bure doodgeskiet het nadat hulle gevra het dat hy ophou om met sy semi-outomatiese geweer in sy tuin in Cleveland, Texas te skiet. Francisco Oropesa, 38, word daarvan beskuldig dat hy op bure losgebrand het nadat hy laat Vrydagaand gevra is om op te hou om ‘n AR-15 te skiet omdat dit ‘n baba wakker gehou het. Die slagoffers sluit ‘n agt-jarige seun in. Owerhede sê hulle het geen leidrade nie en daar word ‘n beloning van 80 000 Amerikaanse dollar aangebied vir inligting wat tot sy arrestasie sal lei.