US$500 000 vir Clapton se kitaar verwag
Die akoestiese kitaar wat afslaers sê Eric Clapton gebruik het om sy trefferballade “Wonderful Tonight” te komponeer, gaan volgende maand onder die hamer met ‘n beraamde prys van tot 500 000 Amerikaanse dollar. Onder sy gelyste kenmerke is brande, wat gemaak is deur die sigarette wat Clapton onder die snare vasgesteek het. Hy het dit gebruik om talle liedjies te komponeer, insluitend sy 1977-treffer oor model Pattie Boyd. Hy het blykbaar “Wonderful Tonight” geskryf terwyl hy vir haar gewag het om reg te maak vir aand uit.