US$19m vir private middagete met Buffet

‘n Gelukkige en waarskynlik baie ryk persoon het meer as 19 miljoen Amerikaanse dollar gebie om saam met Warren Buffett te eet. Dit is Buffet se 21ste en laaste keer dat hy ‘n private middagete op sal veil om die liefdadigheidsorganisasie in San Francisco te ondersteun. Die wenbod op die eBay-veiling wat Vrydagaand geëindig het, het die vorige rekord van 4,57 miljoen dollar, wat in 2019 deur die kriptogeldeenheid-entrepreneur Justin Sun betaal is, ver oortref, hoewel die nuwe wenner se identiteit nie onmiddellik vasgestel kon word nie. Die opbrengs is ten bate van Glide, ‘n organisasie in San Francisco wat armes, haweloses of diegene wat stryd voer met dwelmmisbruik, help. Buffett, 91 jaar oud en self ‘n miljardêr, het meer as 53,2 miljoen dollar vir Glide ingesamel in die 21 veilings.