Urine-saak: Chinese vrou betaal boete van slegs N$1 000
Die Chinese sakevrou wat urine op ‘n straathandelaar en haar goedere by Stop n Shop in Okuryangava in Windhoek gegooi het, het vandag in die Katutura-landdroshof verskyn. Die 45-jarige Weng Long Zumei het skuldig gepleit op klagte van die opsetlike beskadiging van eiendom en crimen injuria. Sy is tot ‘n boete van 1 000 Namibiese dollar gevonnis. Die Namibiese polisie se bevelvoerder van die Khomas-streek, kommissaris Ismael Basson, het weer aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat die vrou nie spesiale behandeling ontvang het nie.