Uraan styg, maar wat beteken dit vir Jan Alleman

Die prys van uraan het gestyg sedert verlede jaar 90 Amerikaanse dollar per pond oorskry. Aan die einde van Januarie was die prys 106 dollar per pond, wat ‘n terugkeer na voor-Fukushima-vlakke aandui en die hoogste is sedert 2008. Vir Namibië, die wêreld se derde grootste uraanprodusent, dui dit op geleenthede vir verdere groei en uitbreiding in die uraansektor. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse ekonoom Chris Hart gesels oor wat dit vir die Namibiese ekonomie en Jan Alleman sal beteken.