Uraan: Russe sê data sal kom met eksplorasie

Uranium One het gereageer op lynminister Calle Schlettwein se kommentaar dat hy nog data nodig het in verband met die moontlike risiko van in-situ loging in die Stampriet-bekken. Riaan van Rooyen, woordvoerder van die Russiese maatskappy sê hulle stem saam en daarom moet hulle eksplorasie voortgaan. Hy verduidelik.