Uraan moet plaaslik benut word – Tweya
Tjekero Tweya, hoof van die parlementêre staande komitee oor natuurlike hulpbronne, voer aan dat ondanks Namibië se rykdom in hulpbronne soos uraan, die land steeds sy fokus op uitvoere plaas eerder as om dit binnelands vir energie te benut. Hy meen dit is kortsigtig. Volgens Tweya is daar ‘n tasbare gebrek aan strategiese beplanning om hulpbronne vir huishoudelike energie te benut. Hy verwerp die voortdurende verskoning van vaardigheid- en tegnologietekorte en sê die bronne moet eerder tuis benut word.