Uraan g’n vir skoon energie: kenner

Die Namibië Statistieke Agentskap berig dat uraan in Junie Namibië se grootste uitvoerkommoditeit was, wat 28,5 persent van die totale uitvoere uitmaak en hoofsaaklik na China en Amerika bestem was. Uraanuitvoer het in Junie met 3,7 miljard Namibiese dollar toegeneem. Uraan se prys het egter sedert die begin van die jaar met 7,20 persent gedaal, maar sal na verwagting styg. Verskeie bronne noem dat die toename in die ontginning van uraan te wyte is aan die strewe na skoon energie. Die plaaslike energiekenner Harald Schütt het egter ‘n ander siening.