Upington-amptenaar gevang waar sy ID’s aan buitelanders verkoop

‘n Sewe-en-dertigjarige amptenaar van Binnelandse Sake in Upington in die Noord-Kaap is deur die Teenkorrupsie-ondersoekeenheid betrap waar sy na bewering onwettige identiteitsdokumente verkoop het aan ongedokumenteerde buitelandse burgers. Die amptenaar is op heterdaad betrap terwyl sy kontant ontvang het vir die verskaffing van vervalsde dokumente. Sy het te doen met korrupsie-aanklagte en sal in die plaaslike landdroshof verskyn. Die departement sukkel met ‘n voortslepende korrupsieprobleem, met vorige sake waarby amptenare betrek is by die verkoop van dokumente aan ongedumenteerde buitelanders.