UP soek hoefbevel teen stakers

Die Universiteit van Pretoria sê hy is daartoe verbind om die werkerstaking deur konstruktiewe dialoog en binne die grense van die wet op te los. Die staking maak deel uit van ‘n loongeskil tussen die National Education, Health and Allied Workers’ Union, Nehawu, en die universiteit. Die universiteit se woordvoerder, Rikus Delport sê die universiteit het hof toe gegaan vir ‘n bevel teen sy Nehawu-geaffilieerde personeel, sodat hulle sal ophou om bedrywighede te ontwrig.