UNRWA sê Israel blokkeer sy hulp in Gaza
Die Verenigde Nasies se Agentskap vir Palestynse Vlugtelinge sê Israel het hulle sonder rede verbied om hulp te verleen in die noorde van Gaza. Israel het UNRWA-personeellede daarvan beskuldig dat hulle aan die sewende Oktober-aanval verlede jaar deelgeneem het en het die agentskap ‘n front vir Hamas genoem. Gaza staar haglike humanitêre toestande in die gesig weens Israel se oorlog teen Hamas. Die agentskap se hoof, Philippe Lazzarini, sê dis onaanvaarbaar dat lewensreddende hulp verbied word tydens ‘n mensgemaakte hongersnood.