Universiteit van Vrystaat doen navorsing oor voedselsekerheid
Die Universiteit van die Vrystaat se departement van plantwetenskappe is besig met navorsing om voedselsekerheid in Afrika te verbeter. ‘n Professor in Plante-teelt, Maryke Labuschagne, sê studente van regoor die vasteland sal daaraan werk om nuwe handelsvariëteite van mielies, sorghum en talle ander bekend te stel. Die 20 PhD-studente sal probeer om gewasse se voedingswaarde, klimaatsweerstandigheid en produksietoestande te verbeter.